Gesonde Aftrede - 'n Memoir
Dit is vanselfsprekend dat ‘n mens emosioneel en finansiël gereed moet wees alvorens die groot stap om af te tree suksesvol geneem kan word, maar die waarde van goeie gesondheid word dikwels onderspeel in ‘n mens se aftreebeplanning. Sommige mense word weer deur swak gesondheid gedwing om af te tree, selfs al is hulle nog nie gereed daarvoor nie. Wanneer ‘n mens egter emosioneel en finansiëel behoorlik beplan het vir jou aftrede en direk daarna met kanker gediagnoseer word, begin jy te wonder oor die betekenis van karma…
Gesonde Aftrede is 'n persoonlike memoir en onvergeetlike reis saam met my terwyl ek die genadelose uitdagings van sporadiese atriale fibrillasie, prostaatkanker en chemoterapie vir Fase 4 Nie-Hodgkin limfkanker konfronteer. Wat begin het as 'n blog oor my ervarings het verander in 'n verhaal van oorlewing, 'n intieme memoir van deursetting, hoop, en die krag van die menslike gees, informeel en met humor geskryf. Ontdek die ongelooflike krag wat na vore kom wanneer mens gekonfronteer word met die mees ontmoedigende uitdagings van die lewe.
Ek hoop dat hierdie memoir bewustheid sal kweek vir hierdie siektes en inspirasie en vertroosting sal bied aan diegene wat soortgelyke uitdagings in die gesig staar. Die boek word opgedra aan almal wat nog hoop het. Hoop op beterskap, ‘n gesonder lewe en ‘n gesonde aftrede.
Hiemee nooi ek jou saam op hierdie inspirerende reis. Lees gerus my boek en beleef die ongelooflike krag wat voortspruit wanneer 'n mens die lewe se grootste uitdagings in die gesig staar.
Hierdie is my debuutboek, 'n intieme memoir oor my stryd met langdurige atriale fibrillasie, prostaat- en limfoomkanker, informeel en met humor geskryf.